Category: Gallery

Uppies vat Groblershoop op tuisveld aan

Groblershoop het na Upington gereis om teen Uppies se dorp span te kom speel in die Pro 20 liga. Groblershoop kies om eerste te kolf en word almal uitgeboul vir 56 lopies. Benré Engelbrecht se vinnige bal het Groblershoop se kolwers laat twyfel in hulself en het 3 paaltjies geneem. Uppies se aanvangskolwers, Nakkie Duvenhage en Jaco Zietsman slaan die lopies binne 6 beurte en Uppies wen met 10 Paaltjies. Voor: Bobby Duvenhage Middel: DaylonBeukes, Steven Smith, Lemley Mulder, BenréEngelbrecht, TheunsTheunissen Agter: Johannes du Plessis, AW Duvenhage, Giovanni Lategan, Lee-Charm van Wyk, Franco Swart, JacoZietsman, Nakkie...

Read More

Uppies 0/15 Krieket vs Kenhardt

Uppies se 0/15 krieket span het Woensdag, 19 Januarie, teen Hoërskool Kenhardt gaan speel in ‘n 25 beurt wedstryd. Uppies het eerste gekolf en behaal ‘n goeie 111 lopies vir 10 paaltjies in moeilike omstandighede. Beste kolwers was Ferdi Richter met 27 lopies  en Clemens Terblanche met 13 lopies. Daarna het Uppies hul uitstekend van hul taak gekwyt met die bal en Kenhardt beperk tot 70 lopies. Beste boulers was Hein Neser met 4 paaltjies en Michael Wessels met 3 paaltjies.  Uppies wen dan die wedstryd met 41 lopies. Geluk...

Read More

Categories

Positive Quotes

"One small crack does not mean you are broken, it means that you were put to the test & you didn't fall apart." - Linda Poindexter