Hoërskool De Aar Interskole teen Cradock op Cradock

RUGBY  eerstespan

Saterdag het HSDA teen H/s Kathu kragte gemeet. Die halftydtelling was 3-0 in De Aar se guns. Die tweede helfte  het De Aar puik rugby gespeel en vier drieë gedruk. Goeie samespel, hantering en fiksheid het bygedra tot die goeie oorwinning.

Drieë vir De Aar is gedruk deur : Rowan Greeff 1, Litha Bangani 1, Shaun Tara 2

Gian Visagie slaag met een strafskop en drie doelskoppe.

HSDA ONDER 17 RUGBY

Op Saterdag 29 Julie het die onder 17 span ook teen H/skool Kathu op Kathu gespeel. De lang busrit en die Junie vakansie het sy tol geëis op die span. Teen rustyd was HSDA 7-5 voor, maar het baie foute gemaak en verloor die wedstryd 22- 19. Dit is HSDA se eerste verloor die seisoen. Die span gaan aanhou hard werk en hul foute uitskakel om gereed te wees vir die uitkloprondtes.

HSDA netbal

Saterdag het ons die seisoen afgesluit met ons laaste wedstryde teen HS Kathu. Die ver ry, koshuis oorbly en vakansie het sy tol op ons spelers geëis, want hul hou goed teen die opponente, maar in die laaste minuut kon hul  net nie meer byhou nie. Ongelukkig verloor al ons spanne, maar dit was ʼn goeie en heerlike netbaldag.

Die eerstespan het uitstekend gespeel en gewys wat hul die seisoen geleer het. Die vier matrieks in die  span het hul harte uitgespeel en die ander ook geïnspireer.

Baie dankie vir almal wat ons deur die seisoen ondersteun het.