Matriekuitslae: 

Emeleo Duister behaal nr.1 plek in die provinsie, asook beste Ekonomie-leerder in die provinsie met ‘n 100%;
Daniel Forlee behaal ook  ‘n algehele 10de plek, asook die beste Wiskunde-leerder met 98%.
3 leerders behaal 7 gemiddelde Vlak 7’s;
3 leerders behaal 6 gemiddelde vlak 7’s;
7 leerders behaal 5 gemiddelde vlak 7’s.
188 totale vlak 7’s.

Rugby:

Eerste Rugbyspan wen die jaarlikse FNB Classic Clashes vs Diamantveld met 32-17.  Die 0/15 rugbyspan verloor in die finaal van die Kovsie Sentralestreek-kompetisie teen Grey Kollege.

Lewer 31 provinsiale spelers op, waarvan agt in die o/18 Cravenweek-span.

Cameron Hufke laat die rekords spat op die o/16 Cravenweek vir Hoërskole.  Hy ewenaar die rekord van 38 punte vir die meeste punte deur ‘n speler aangeteken in ‘n enkele wedstryd; hy verbeter die rekord vir die meeste drieë aangeteken deur ‘n speler na afloop van die toernooi met ‘n totaal van 7 drieë; hy verbeter die rekord vir die meeste punte aangeteken deur ‘n speler na afloop van die toernooi met ‘n totaal van 72 punte; dan word hy ook ingelsuit in die SA A-skolespan vir toetse teen Italië en Wallis

Krieket:

HNK Krieket lewer 24 provinsiale krieketspelers op.  Eerste krieketspan verteenwoordig die Noord-Kaap provinsie in die Nasionale Coca-Cola Skole pro 20 kompetisie in die Knights-franchise finale teen Grey Kollege.

Netbal:

Lewer 16 provinsiale netbalspelers op.  Die o/14 en o/15 spanne eindig as die provinsie se voorste netbalspanne en verteenwoordig die provinsie op die nasionale week.  Oud-leerder, Jessica du Plessis (gr12 2015), word gekies vir die SA o/20 Netbalspan en word ook aangewys as kaptein van die span.

Atletiek:

Uwen Brown verwerf ‘n silwer medalje in hoogspring vir seuns o/15 tydens die SA Atletiek-byeenkoms.

Die Landsdiens-klub

Die Landsdiens-klubword ook verteenwoordig op die Nasionale Landsdienskamp.

Ritmiese Gimnastiek:

Ritmiese Gimnastiek:Karlin van Tonder word gekies vir die SA Span vir die Jeug Statebondspele.

Koorfees.

Die dogterskoor het deelgeneem aan die finale rondte van die ATKV-Applous. Hulle is slegs een van vier kore in hul afdeling wat genooi is.

ATKV-Redenaarskompetisies

HNK word ook deur verskeie leerders verteenwoordig tydens die verskeie ATKV-Redenaarskompetisies regoor die land.  Liam Jacobs behaal ‘n Nasionale eerste plek vir Afrikaans Addisonele taal in die Junior-afdeling.

Hokkie:

Die hokkie  Lewer 30 provinsiale seunsspelers en 13 provinsiale dogtersspelers, op.  Kerrin Klaaste word opgeneem in die SA Skole A-span vir dogters o/18, terwyl Charne Maddocks in die SA Skole B-span opgeneem word vir dogters o/18.