Die volgende leerders van Hoërskool Upington het deelgeneem aan die SA Saalperd Kampioenskappe wat plaasgevind het in Bloemfontein vanaf 24-29 April 2017. Die leerders is Jessi Wessels, Toanita Strauss, Inge Wessels en Nichola de Waal.
Hier volg hul uitslae in die onderskeie Klasse wat gery is.

Jessi Wessels en haar perd – Cameo Spring Song
Klas 61: Kampioen 5 Gang Plesierperd 14 Jaar en onder – 3e plek
Klas 102: Kampioen 5 Gang Plesierperd 14 jaar en onder – Ruiterkuns – 1e plek
Klas 105: Kampioen 5 Gang Ruiters 14 jaar en onder – Ruiterkuns – 8e plek – op die perd Streets Assignment van

Alta Geyer.
Klas 125: SA GROOT KAMPIOEN 5 Gang Plesierperd – 18 jaar en onder – 5e plek

Toanita Strauss en haar perde The Big French (eienaar Luci Nouwens) in die Vyfgang en Another Time in die Driegang
Klas 72: Kampioen 5 Gang Plesierperd 18 jaar en onder – 4e plek
Klas 79: Kampioen 3 Gang Plesierperd 18jaar en onder – 6 e plek
Klas 98: Kampioen 3 Gang Plesierperd – Ruiterkuns 18 Jaar en onder – 4 e plek
Klas 100: Kampioen 5 Gang Plesierperd Ruiterkuns – 18 Jaar en Onder –3 e plek
Klas 121: SA GROOT KAMPIOEN 3 Gang Plesierperd – 18 Jaar en onder -7e plek
Klas 125: SA GROOT KAMPIOEN 5 Gang Plesierperd – 18 Jaar en onder – 2e plek

Inge Wessels en haar perd Peter the Wolf
Klas 38: Kampioen 5 Gang Natuurlike Maanhaar en stert – 2e plek
Klas 77: Kampioen 5 Gang Kinderryperd 16 Jaar en onder – 6e plek
Klas 128: SA GROOT KAMPIOEN 5 Gang Natuurlike Maanhaar en stert – 5e PLEK

Nicola de Waal het ook deelgeneem op haar perd KENTUCKY’S GREAT DAY.
Ruiterkuns ruiter 0/18 – vierde plek.

Die Uppies het voorwaar geskitter in Bloemfontein en die skool en die Noord Kaap se naam hoog gehou in die proses.

Aangeheg is fotos van Jessi Wessels, Toanita Strauss , Nichola de Waal en Inge Wessels in aksie tydens die Bloem Skou.