Nog prestasie vir Carina de Beer

Carina de Beer, van Upington Hoërskool, het Saterdag, 3 Junie, in Kimberley aan die Provinsiale skole skaak toernooi deelgeneem. Sy het eerste in haar afdeling, dogters onder 18, gekom. Sy gaan vervolgens deelneem aan die Nasionale Skaak toernooi later vanjaar.

Uppies wens jou hartlik geluk met die prestasie en sterkte met die toernooi later vanjaar.