Na afloop van die platteland proewe is daar tien 0/18 dogters verkies uit Hoërskool Upington, Duineveld, HMO en Daniëlskuil om die Noord-Kaap te verteenwoordig. Hierdie span het bekend gestaan as die Robyne, een van twee spanne wat die Noord-Kaap verteenwoordig het op die onlangse SA toernooi wat in die Junie vakansie in Boksburg plaasgevind het. Hierdie span het besonder goed gevaar en `n silwer medalje gewen op die toernooi. Hoërskool Upington wil graag hiermee vir elke dogter asook hulle afrigter hartlik geluk wens wat deel was van hierdie span. Dit is waarlik `n besonderse prestasie.

Aan die einde van die toernooi is daar ook n Top 35 vir die 0/18 ouderdomsgroep aangewys en Christin Fox is uit die Robyne span vir hierdie groep gekies.

 

Foto 1
van links agter:   Me M. Bezuidenhout, Me M. Taylor (Spanbestuurder), D. Slabbert (Daniëlskuil), E. Visser (Duineveld), A. Everson ( Hoërskool Upington), C. Fox (HMO), L-M. Groenewald (o/k, Hoërskool Upington),
J-A. Kasimbingwe (k, HMO),  Me C. Esterhuizen (afrigter, Hoërskool Upington)
Links voor:   K. Vries (Daniëlskuil), N. Olivier (Hoërskool Upington), C. Hanekom (Duineveld), M Arendse (Daniëlskuil)

 

Foto 2:
C. Esterhuizen en C. Fox