Sewe van ons leerders het by Chessa geaffilieer en het Saterdag, 4 Februarie, aan `n Noord-Kaap toernooi deelgeneem. Die spelers is Mason Adams, Carina de Beer, Steven Smith, Andries Engelbrecht, Juan Swanepoel, Louis Schonborn en Tersia van Sitterd.  Mason Adams het ‘n vierde plek behaal uit die 27 leerders wat in die A-afdeling deelgeneem het. Die ander 6 spelers is net na hom op die rangorde gelys.