Category: Academics

Hoërskool Upington se Redenaarstoekoms skitter

Jolize Swanepoel, ‘n graad 8-leerder van Hoërskool Upington, is op pad na die nasionale ronde van die ATKV Redenaarskompetisie. Sy het saam met twee ander Hoërskool Upington-leerders aan die semi-finale ronde van die ATKV Redenaarskompetisie te Kimberley deelgeneem die eerste naweek in Junie. Jolize het aan die Junior Voorbereide kategorie deelgeneem. Slegs een leerder uit elke provinsie gaan deur na die nasionale kompetisie. Jana Nel verower ‘n tweede plek in haar afdeling, Junior Onvoorbereid, en sal moet regstaan om deel te neem indien die wenner onttrek. Die nasionale ronde vind in Augustus...

Read More

Laerskool Eureka Radikale Redenaars

Baie geluk aan elke spreker van Laerskool Eureka in Kimberley wat deelgeneem het aan die redenaarsfees. Die Streeksfinaal vind plaas op 8 SEPTEMBER 2018 te Laerskool Staats in Kimberley en die Nasionale Finaal vind plaas op 13 Oktober by Hoërskool Garsfontein in Pretoria. GRAAD 4 Lees : Prosa Danelle Delport Ls Eureka Nasionale Finaal Afrikaans Moedertaal: Danelle Delport Ls Eureka Noord-Kaap Finaal GRAAD 5 Afrikaans Moedertaal: Denike Srydom Ls Eureka Noord-Kaap Finaal Afrikaans Moedertaal: Karla De Boer Ls Eureka Noord-Kaap Finaal Lees – Prosa:  Anika Van der Merwe Ls Eureka Nasionale Finaal Lees – Prosa: Denike Strydom Ls Eureka Nasionale...

Read More

Hoërskool Noord-Kaap leerders presteer by Radikale Redenaarskompetisie

Die volgende leerders van Hoërskool Noord-Kaap het aan die Radikale Redenaarskompetisie  deelgeneem en baie goed presteer: Voor VLNR: Fadiel Green (A+) , Chanté Januarie (A+),  Rethabile Sindi (A), Lurika Faber (A+), Johané Schon(A),  Zandile Nziweni(A+) en Miecke Muller(A+) Agter: VLNR: Monique Grové(A+), Alethia Rossouw(A+), Kaylin Badenhorst(A+), Thabo Mathule(A) en Stethen Liebenberg(A) Danté Jansen(A+) en Alyssa Jacobs(A en...

Read More

Categories

Gedagte vir die week

In diens van God

Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel  as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra. – 2 Timoteus 2:15

Jy kan so betrokke raak in God se werk dat jy jou visie verloor van dit wat God wil hê jy moet doen. Jy is vir God besig sonder om met Hom saam te werk. Dan word jou diens aan God ‘n sware las. Wanneer dit dan te laat is, droog iets binne-in jou gees op en word jy gespanne totdat jy skielik op ‘n dag knak.

Die belangrikste plig van elke Christenwerker is om sy verhouding met die lewende Christus te handhaaf en daagliks te versterk. Indien jy te besig is om elke dag tyd met Hom deur te bring in gebed, is jy inderdaad te besig en kan jy nooit sy effektiewe dienskneg wees nie.

Gebed: Ek vra nederig dat U my sal inspireer en versterk In die diens wat ek uit dankbaarheid vir my ver-lossing aan U bied. Amen. –  Solly Ozrovech