Category: Culture

Freaky Shakes eie aan Hoërskool Upington by die Naba-fees

Hoërskool Upington se gr.11 Verbruikerstudieklas, o.l.v. me. Jeanie Schutte, het tydens die afgelope Naba Voedsel- en Wynfees gewys dat hulle lankal nie net meer koekies bak in die “Kosklas” nie. Hulle het `n pragtige stalletjie gehad en die heel dag die gaste bedien met Freak Shakes. Ja, `n “milkshake” sal nooit weer dieselfde wees nie. Romerige aarbeiskommels; vol gepak met aarbeie, marsmallows, koekies, kolwyntjies en room…!! Klink dit soos die “shake” van jare terug? Dit was `n baie oulike gedagte en die wins word gebruik om die Verbruikersklas `n “facelift” te gee. Uppies dink vooruit!! Dankie aan die Kiwi`s...

Read More

Hoërskool De Aar hou Loslitdag

Tydens Loslitdag trek HSDA se leerlinge gewone klere aan en leerders betaal R5. Die geld wat ingesamel word, word aan die Ouetehuise geskenk. Hier  skenk die Novels Me. HSDA en haar prinsesse die geld aan Op die Kruin. Vlnr: Minka Olivier – 1ste prinses, Me. Judith Hendriks(bestuurder – op die kruin)Unam Mxaxa – Novels Me.HSDA, Liverne Bresies – 2de prinses Hier  skenk die Novels Me. HSDA en haar prinsesse die geld aan Sonder Sorge Tehuis: vlnr: Esmerelda Blaauw- werksaam in die kombuis,  Liverne Bresies – 2de prinses, Unam Mxaxa – Novels Me.HSDA,  Marie  Venter – werksaam by Sonder Sorge...

Read More

Hoërskool Upington hou `n Fees van Kore!

Die 7de Uppies-Koorfees het vanjaar plaasgevind op 21 Augustus 2017. Vanjaar was seker nog die beste en grootste ooit. Die Rooiduin ATKV-tak, o.l.v. Amorine Strydom, het ook `n bydrae gelewer. Hul het vir Deidre le Hanie, die nuwe besturende direkteur van die ATKV, genooi en sy het haar behoorlik aan Upington voorgestel. Die kore wat deelgeneem het aan die glansgeleentheid was: Laerskool Oranje-Noord Junior Koor Voorbereidingskool Fanie Malan Laerskool Oranje-Noord Senior Koor Primêre Skool op die Voorpos Siyanda Cantando Hoërskool Duineveld Uppies Camerata Elke koor het sy beste gelewer en die gehoor was elke keer opnuut verras met die...

Read More

Dis weer tyd vir Hoërskool Upington se Groot Interjol!

Die week van 7 – 12 Augustus is die tradisionele Interjolweek. Die jaar val die voorreg op Hoërskool Upington om dit aan te bied en Uppies beplan weer ‘n tradisieryke week vol aktiwiteite. Die eerste tradisie wat voorgesit word, is die Herdenkingsdiens in die saal die Vrydagoggend 12 Augustus.  Soos in die verlede geskied die diens in die vorm van ‘n saalbyeenkoms waarheen all oud- Uppies, oud onderwysers en enige belangstellendes genooi word. Almal is baie welkom om die kom,ongeag of dit jou jaargroep of nie, is. Die Interjolweek gaan propvol aktiwiteite wees en deur die loop van die...

Read More

Uppies Drama speel feesverhoog aan die brand

Die geselskap van “Sweef” saam met Jaco Jacobs, skrywer van die oorspronklike kortverhaal waarop die teks baseer was. Soos tradisie dit nou al voorskryf, het Hoërskool Upington se dramageselskap weer hierdie jaar aan die Reza de Wet-Tienertoneelfees, wat deel is van die Vrystaat Kunstefees se program, deelgeneem. Hierdie spoggeleentheid, ‘n uitnodiginggeleentheid wat sterk dramaskole vanoor Suid-Afrika lok, gee jong akteurs, aktrises en tegnici die kans om hul talente met groter gehore te deel. Hier het die geselskap twee produksies, “Sweef” en “Ma”, vir albei se debuut op die verhoog gebring. “Sweef”, geskryf en geregisseer deur Neville Schubach, is gebaseer...

Read More

Categories

Positive Quotes

The expert in anything was once a beginner.