Category: Hoërskool Upington

Hoërskool Upington Krieket se pad na die finale

Oktober en November was vir Hoërskool Upington krieket van die beste tye dié jaar. Die O/19 span, wat in die week speel, het die seisoen nog nie ‘n wedstryd verloor nie en het vele mylpale behaal, deurdat ons spelers gereeld 50 lopies in ‘n beurt slaan. Bobby Duvenhage het teen AJ Ferreira ‘n uitsonderlike 186 lopies geslaan. Die volgende spelers het provinsiale spanne behaal wat elk in verskillende stede in die land aan hul onderskeie toernooie gaan deelnaam: Coca Cola O/19 Nakkie Duvenhage Benré Engelbrecht Griekwas O/17 Bobby Duvenhage Dian Kapp Griekwas O.17 Platteland Giovanni Lategan Griekwas O/15 Daylon...

Read More

Hoërskool Upington se swemmers werk hard

Die Noord Kaap Sprint Gala te Upington, 20 en 21 Oktober 2017, was die eerste gala van die seisoen. Hier volg hul uitslae : Francois du Plessis – 7 Goud en 1 Silwer Jenny Steenkamp – 6 Goud en 1 Silwer Lorraine Groenewald – 3 Goud en 2 Silwer Kate Nugent – 1 Goud, 2 Silwer en 2 Brons Jessi Wessels – 3 Brons en 1 Silwer Elizabeth van Niekerk – 2 Silwer en 1 Brons Carmin Gilbert – 2 Silwer Juan Steenkamp Na die afloop van die Gala is die volgende swemmers gekies om die Noordkaap-Span te verteenwoordig...

Read More

Jana Breedt van Hoërskool Upington lewer puik prestasie

Jaarliks kan hoërskool leerders inskryf vir ‘n Rekeningkunde Olimpiade gedryf deur SAICA. Hoewel dit  hoofsaaklik gemik is op graad 12-leerders, kan graad 11’s ook inskryf. As graad 11-leerder van Upington Hoërskool , skryf Jana Breedt dan ook het op 2 Augustus 2017 deelgeneem aan hierdie Olimpiade. Sy tree as wenner uit die stryd. Landswyd was daar 4340 leerders uit 344 skole wat deelgeneem het. Jana behaal ‘n uitmuntende 89% , wat aan haar die 1ste plek in die Noord -Kaap besorg. SAICA gaan ‘n geleentheid reël om  haar sertifikaat, asook ‘n kontantprys, te oorhandig. Dis voorwaar ‘n besonderse prestasie...

Read More

Uppies neem deel aan Xtreme 2017 

Op 28 Oktober 2017 neem 4 Uppie-spanne deel aan hierdie sportgeleentheid in die” Lite” kategorie vir skole. Die spanne bestaan uit 3 atlete waarvan die 1ste atleet 250m in die rivier swem, dan oorgee aan die fietsryer wat 15km bergfiets ry en dan oorgee aan die drawwer vir die 5km wat op grondpad gedraf word. Die spanne was as volg: Span 1   Not fast, just furious Swem: Jenny Steenkamp Fietsry: Francois du Plessis Draf: Kate Nugent        Tyd 1 : 02 : 46 Span 2   Team Nitro Swem: Teliza Zaayman Fietsry: Daniel Rossouw Draf: Morné Dlephu   ...

Read More

Uppies 0/15 krieket vaar uitstekend teen Carlton van Heerden

Hoërskool Upington se 0/15 krieketspan het op 24 Oktober vir Hoërskool Carlton van Heerden aangevat in ‘n 25 beurt wedstryd op Uppies se velde. Uppies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Uppies het vroeg ‘n paaltjie verloor en die druk was hoog. ‘n Goeie beurt van 45 lopies deur Daylon Beukes het Uppies span weer moed gegee. Die Uppie kolwers maak elkeen ‘n bydrae en die span kry ‘n totaal van 172 lopies vir die verlies van 10 paaltjies. Daarna stuur Uppies vir Carlton van Heerden in om te kolf. Die boulaanval begin verwoed en...

Read More

Categories

Positive Quotes

The expert in anything was once a beginner.