Category: Athletics

Hoërskool Upington atleet presteer by Twinning Atletiekbyeenkoms

Tydens die onlangse Twinning Atletiekbyeenkoms tussen die ZFM Streek en die Karas-Streek van Namibie, het JJ Snyders van Hoërskool Upington, weereens briljant presteer. JJ het die trofee gekry vir die Victor Ludorum van die dag. Hy het as volg presteer: S o/17 110mH in 14,83s en in dieselfde ouderdomsgroep die 100m in 10,88s. Voorwaar weereens ‘n goeie prestasie. JJ lewer volgehoue fantastiese resultate en is nog tot groot hoogtes instaat. Foto: JJ...

Read More

Uppies atlete hou naam hoog op SA’s

Drie atlete van Hoërskool Upington het vanjaar aan die SA – Kampioenskappe te Potchefstroom deelgeneem. JJ Snyders, Nicolene Loots en Gerrit Hanekom het Noord-Kaap by die SA’s verteenwoordig.  Hoewel hul nie onder die medaljewenners was nie, is ons nogsteeds baie trots op hulle. Gerrit Hanekom het in die spesiale afdeling van die SA’s deelgeneem.  Gerrit lei aan Treacher-sindroom en het dus gekwalifiseer om as ‘n  LSEN-atleet aan die SA-Kampioenskappe deel te neem.  Gerrit  het hom baie goed van sy taak gekwyt en gewys dat moed die enigste eienskap is wat ‘n mens moet hê om bo in die lewe...

Read More

Uppies Atlete Skitter

Deur die kwartaal het Hoërskool Upington se atlete baie hard geoefen en baie goeie uitslae behaal. `n Groot groep Uppie-atlete verteenwoordig Hoërskool Upington by die Sone-byeenkoms. Daarna is 21 atlete na Kakamas vir die streeksbyeenkoms. Hier het ons atlete baie goed gevaar en uiteindelik het 5 atlete die streek gaan verteenwoordig by die Noord-Kaap byeenkoms. Hulle is JJ Snyders, Nicoleen Loots, Susan Hanekom, Nel Hanekom en Gerrit Hanekom. Na die provinsiale byeenkoms is 3 atlete gekies om die Noord-Kaap by die SA`s in Potchefstroom te gaan verteenwoordig. JJ Snyders, Nicoleen Loots en Gerrit Hanekom. Dit is nie die eerste...

Read More

Atlete van Hoërskool Noord- Kaap,Kimberley , skitter in atletiek

Hoërskool Noord-Kaap se atlete het Vrydag, 2 Maart 2018 aan die Noord-Kaap provinsiale byeenkoms deelgeneem. Die uitslae was soos volg: Uwen Brown Seuns o/17 Goud (1,91m) Jacquin van Wyk Seuns o/17 Goud (100m 10,41, 200m 21,41) Keanan van Wyk Seuns o/15 Hoogspring Goud Tristen Pinetown Dogters o/17 – 100m silver, 200m goud Marilee Hanekom Dogters o/17 hamergooi Goud (39,78m) Franco Stassen Seuns o/17 spiesgooi goud Keletso Seopesengwe seuns o/15 100m goud, 200m goud Ankia Helena dogters o/19 100m 4de, 200m 4de   Foto voor vlnr: Ankie Helena, Tristen Pinetown, Keletso Seopesengwe agter vlnr: Marilee Hanekom, Jacquin van Wyk, Uwen...

Read More

Categories

Gedagte vir die week

In diens van God

Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel  as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra. – 2 Timoteus 2:15

Jy kan so betrokke raak in God se werk dat jy jou visie verloor van dit wat God wil hê jy moet doen. Jy is vir God besig sonder om met Hom saam te werk. Dan word jou diens aan God ‘n sware las. Wanneer dit dan te laat is, droog iets binne-in jou gees op en word jy gespanne totdat jy skielik op ‘n dag knak.

Die belangrikste plig van elke Christenwerker is om sy verhouding met die lewende Christus te handhaaf en daagliks te versterk. Indien jy te besig is om elke dag tyd met Hom deur te bring in gebed, is jy inderdaad te besig en kan jy nooit sy effektiewe dienskneg wees nie.

Gebed: Ek vra nederig dat U my sal inspireer en versterk In die diens wat ek uit dankbaarheid vir my ver-lossing aan U bied. Amen. –  Solly Ozrovech