Category: Cricket

Hoërskool Upington Krieket se pad na die finale

Oktober en November was vir Hoërskool Upington krieket van die beste tye dié jaar. Die O/19 span, wat in die week speel, het die seisoen nog nie ‘n wedstryd verloor nie en het vele mylpale behaal, deurdat ons spelers gereeld 50 lopies in ‘n beurt slaan. Bobby Duvenhage het teen AJ Ferreira ‘n uitsonderlike 186 lopies geslaan. Die volgende spelers het provinsiale spanne behaal wat elk in verskillende stede in die land aan hul onderskeie toernooie gaan deelnaam: Coca Cola O/19 Nakkie Duvenhage Benré Engelbrecht Griekwas O/17 Bobby Duvenhage Dian Kapp Griekwas O.17 Platteland Giovanni Lategan Griekwas O/15 Daylon...

Read More

Uppies 0/15 krieket vaar uitstekend teen Carlton van Heerden

Hoërskool Upington se 0/15 krieketspan het op 24 Oktober vir Hoërskool Carlton van Heerden aangevat in ‘n 25 beurt wedstryd op Uppies se velde. Uppies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Uppies het vroeg ‘n paaltjie verloor en die druk was hoog. ‘n Goeie beurt van 45 lopies deur Daylon Beukes het Uppies span weer moed gegee. Die Uppie kolwers maak elkeen ‘n bydrae en die span kry ‘n totaal van 172 lopies vir die verlies van 10 paaltjies. Daarna stuur Uppies vir Carlton van Heerden in om te kolf. Die boulaanval begin verwoed en...

Read More

Uppies-krieket – Persoonlike rekords spaander

Hoërskool Upington het die week van die 16 Oktober 4 wedstryde gespeel in verskillende ligas. Die onder-15 span speel Dinsdag teen Kenhardt se onder 15’s. Uppies teken 225 lopies aan en dieuitblinkers met die kolf was Brend Mulder met 69 en Ferdie Richter met 61. Kenhardt word almal uitgeboul vir 69 en Uppies wen die wedstryd met 160 lopies. Die onder-19 span speel die Woensdag teen Kenhardt in die Coca Cola T 20-toernooi se streek semifinaal. Uppies kolf eerste. Uppies teken 229 lopies in die toegelate 20 boulbeurte aan. Lemley Mulder slaan ‘n uitstekende 85 lopies van slegs 39...

Read More

Uppies skitter op krieketveld

Hoërskool Upington se 0/15 krieketspan het Dinsdag, 17 Oktober, ‘n 25 beurt wedstryd gespeel teen Kenhardt op Uppies se velde. Uppies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Uppies se kolwers het hul uitstekend van hul taak gekwyt en ‘n reuse telling van 229 lopies in hul toegelate 25 beurte gemoker. Uitstaande kolwers vir die dag was Brend Mulder met 69 lopies en Ferdie Richter met 61 lopies. Daarna het Uppies vir Kenhardt ingestuur om te kolf. Al die Uppie boulers het hul kant gebring met die bal sowel as veldwerk. Uppies beperk vir Kenhardt tot...

Read More

Laerskool Newton in Kimberley vaar uitstekend in krieket.

Laerskool Newton in Kimberley  is onoorwonne in kriekettoernooi  vs Paarl Gimnasium, Outeniqua en RPC. Newton 0/11A onoorwonne in hul 6 wedstryde. Newton 0/13A onoorwonne in die toernooi vir die afgelope 5 jaar. PRESTEERDERS : 50- talle Naziel Adams   61- 3- kuns vs Paarl Gim Gerhard Burger   83 Hayden Tolmay 60 & 61 TOEKENNINGS : Beste bouler ,0/11 – Yazeed Kajee Speler van die toernooi ,0/13...

Read More

Categories

Positive Quotes

The expert in anything was once a beginner.