Category: Netbal

Hoërskool Noord-Kaap netbal skitter in uitspeel-wedstryde

Drie van Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley se netbalspanne, o/14A, o/16A en o/19A het aan die provinsiale wennerstoernooi in Upington gaan deelneem. Die spanne het as volg gevaar: 0/19A wen HS Kathu 32-9 wen Duineveld 21-17 wen HS Upington 22-17 Hulle wen Diamantveld in die finaal 24-18 en word as provinsiale wenners gekroon. Charissa Swanepoel word as speler van die wedstryd in die semi-finale aangewys en Ntlafatso Serati as speler van die wedstryd in die finaal. 0/16A Wen Danielskuil 29-2 Wen Hartswater 26-8 Wen Diamantveld 18-12 Wen Duineveld 19-12 Hierdie span was onoorwonne vir die dag en is ook as...

Read More

Hoërskool Upington leerders opgeneem in Robyne netbal spanne

Onder/18 Nicolene Loots Die volgende leerders van Hoërskool Upington is gekies om die provinsie te verteenwoordig in hulle onderskeie ouderdomsgroepe gedurende die Junie vakansie. Die onderskeie toernooie vind plaas in Boksburg en Sun City. Baie geluk en baie sterkte aan elkeen van julle.   Onder/17 Ayanda Esau, Liché Prinsloo, Lorraine Groenewald, Cleo Minnaar Onder/16 Janice Avenant en Beryl Ndhlovu Onder/15 Abongile Mchlauli, Susan Hanekom Onder/14 Van links: Amukelani Majebele, Vivi Mbiza, LaRochelle Janse van Rensburg, Uya...

Read More

Uppies netball meet kragte teen Diamantveld

Hoërskool Upington se netbalspanne het Saterdag, 19 Mei kragte gemeet teen Diamantveld. Daar is 11 wedstryde gespeel waarvan Uppies 4 gewen, 2 gelykop gespeel het en 5 verloor het. Die uitslae was as volg: HU 0/14B verloor DHS 0/14B 7-18 wen DHS 0/14C 19-14 HU 0/15B verloor DHS 0/15B 9-28 gelyk DHS 0/15C 24 elk 0/17B wen DHS 0/16B 18-12 verloor DHS 0/19B 14-19 0/14A gelyk DHS 0/14A 16 elk 0/15A wen DHS 0/15A 20-15 0/17A verloor DHS 0/16A 22-25 wen DHS 0/17A 19-11 0/19A verloor DHS 0/19A 23-39   Foto 0/14A Links van agter: Vivi Mbiza, LaRochelle Janse...

Read More

Hoërskool Upington se 1ste Netbalspan speel prag-netbal op Sun City

Uppies se 1ste netbalspan het vanaf 27 – 30 April aan die Sun City toernooi deelgeneem. Hulle het 10 wedstryde gespeel en 7 van hierdie wedstryde gewen. Hulle het teen gedugte skole soos Wonderboom, Monument, Noordheuwel, Marais Viljoen en Potch Volkies gekompeteer, om net `n paar te noem. Die span het as geheel puik netbal gespeel en baie geleer vir die res van die seisoen wat voorlê. Die uitstaande spelers van die toernooi was beide doele van Uppies, Lorraine Groenewald en Janice Avenant, wat beide spog met doel gemiddeldes van bo 88% en Dirette Oberholster met 21 onderskeppe op...

Read More

Categories

Gedagte vir die week

In diens van God

Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel  as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra. – 2 Timoteus 2:15

Jy kan so betrokke raak in God se werk dat jy jou visie verloor van dit wat God wil hê jy moet doen. Jy is vir God besig sonder om met Hom saam te werk. Dan word jou diens aan God ‘n sware las. Wanneer dit dan te laat is, droog iets binne-in jou gees op en word jy gespanne totdat jy skielik op ‘n dag knak.

Die belangrikste plig van elke Christenwerker is om sy verhouding met die lewende Christus te handhaaf en daagliks te versterk. Indien jy te besig is om elke dag tyd met Hom deur te bring in gebed, is jy inderdaad te besig en kan jy nooit sy effektiewe dienskneg wees nie.

Gebed: Ek vra nederig dat U my sal inspireer en versterk In die diens wat ek uit dankbaarheid vir my ver-lossing aan U bied. Amen. –  Solly Ozrovech