Category: Other Activities

Uppie-leerder vaar goed by Shotokan SA Karate Kampioenskappe

Francois Gagiano van Hoërskool Upington,het tydens die Shotokan SA Karate Kampioenskappe die afgelope naweek in Pretoria, baie goed gevaar. By die individuele deelname het hy ‘n goue medalje vir sy kumite (fighting) gekry, asook ‘n Silwer medalje vir sy kata. Hy het ook die trofee vir ‘Best Male Cadette’ ontvang. Francois het ook aan ‘n span-kata deelgeneem wat uit 3 karatekas bestaan het en as span ‘n silwer medalje verwerf het. Baie geluk Francois met jou prestasie, `n Goeie boom dra goeie...

Read More

Hoërskool Upington ruiters presteer by SA Nasionale Saalperd Kampioenskappe

Inge Wessels, Jessi Wessels en Toanita Strauss het onlangs deelgeneem aan die SA Nasionale Saalperd Kampioenskappe wat in Bloemfontein plaasgevind het vanaf 23 tot 28 April. Die Uppies het hulle baie goed van hul taak gekwyt en verskeie rosette gewen. Hul onderskeie uitslae is as volg: Inge Wessels en haar perd, Peter the Wolf, het as volg gevaar: 5Gang Plesierperd Ruiters 18 jaar en onder – 2e Plek 5Gang Plesierperd Ruiterkuns 18 jaar en onder 3e Plek GROOT KAMPIOEN 5Gang Kinder  Plesierperd – 5e plek Jessi Wessels en haar perd, BRT Street Asignment, het as volg gevaar: 5Gang Ryperd...

Read More

Uppies speel skaak

Juan Swanepoel, Rian Mostert en Andries Engelbrecht van Hoërskool Upington het van 4-5 Mei deelgeneem aan die Interstreek skaakkampioenskaptoernooi in Kimberley. Juan het in die onder 18 A-span gespeel en 3 en ‘n half uit 5 wedstryde gewen. Andries en Rian het elkeen 3 wedstryde gewen uit 5 vir die onder 18 B-span. Al drie die leerders het deelgeneem as lid van die ZF Mgcawu...

Read More

Uppies skiet uitstekend in Landboudal

Hoërskool Upington se skietklub gaan vanjaar van krag tot krag. Hul het dié jaar begin met 20 skuts waarvan 16 dié naweek teen Landboudal gaan skiet het. Die klub groei baie mooi met 10 nuwe gr.8 skuts, 2 graad 9`s, een gr.11 en een gr. 10 skuts wat hul bygekry het. Die skuts het dit baie geniet en besluit om nog harder te oefen om sodoende skitterent te vaar teen die Velties later vanjaar. Hier volg die uitslae: o/21 10m staan Sportergeweer: Elné du Toit – goud (358) Juan Steenkamp – silwer (340) o/21 3P Sportergeweer: Juan Steenkamp –...

Read More

Categories

Gedagte vir die week

In diens van God

Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel  as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra. – 2 Timoteus 2:15

Jy kan so betrokke raak in God se werk dat jy jou visie verloor van dit wat God wil hê jy moet doen. Jy is vir God besig sonder om met Hom saam te werk. Dan word jou diens aan God ‘n sware las. Wanneer dit dan te laat is, droog iets binne-in jou gees op en word jy gespanne totdat jy skielik op ‘n dag knak.

Die belangrikste plig van elke Christenwerker is om sy verhouding met die lewende Christus te handhaaf en daagliks te versterk. Indien jy te besig is om elke dag tyd met Hom deur te bring in gebed, is jy inderdaad te besig en kan jy nooit sy effektiewe dienskneg wees nie.

Gebed: Ek vra nederig dat U my sal inspireer en versterk In die diens wat ek uit dankbaarheid vir my ver-lossing aan U bied. Amen. –  Solly Ozrovech