Category: Tennis

Hoërskool Upington Klein Interjol – Tennis

Hoërskool Upington se eerste tennisspan het Klein-Interjol afgeskop toe hulle teen Hoërskool Duineveld se eerste tennispan meegeding het. Die wedstryde het in ‘n goeie gees plaasgevind en mooi tennis is gespeel. Die aantal wedstyde eindig gelykop, 9 elk, waarna die aantal potte getel moes word. Uppies slaag daarin om Velties met 113 – 106 potte te wen. Dit was voorwaar ‘n naelbyt stryd. Foto: Voor l.n.r: Janice Avenant, Chané Avenant, Berna Kilian, Jessis Wessels, Liané Kapp (Afwesig: Janneke Engels) Agter l.n.r: Adri Hudson, Geo Engelbrecht, Benré Engelbrecht,    Dian Kapp, Lemley Mulder en tefan...

Read More

Hoërskool Upington skitter in tennis by Fichardtpark sportdag

Uppies se eerste en tweede tennispanne het aan Hoërskool  Fichardtpark, Bloemfontein,  se sportdag deelgeneem. Hulle het baie mooi tennis gespeel en hul goed van hul taak gekwyt. Die eerste seuns-span, bestaande uit Benré Engelbrecht, Lemley Mulder, Dian Kapp en Geo Engelbrecht, het pragtig gespeel en daarin geslaag om algeheel tweede op die dag te eindig.   Die tweede seuns-span is ‘n jong spannetjie wat bestaan uitAdri Hudson, Awie van der Westhuizen, Derion Titus en Murray Louw en hulle eindig derde uit hul groep van ses skole.   Die eerste dogters-span nl. Chané Avenant, Janice Avenant, Berna Kilian en Janneke...

Read More

Uppies neem deel aan Noordkaap tennis

Die volgende leerders van Hoërskool Upington het vanaf 24 – 27 Janurie 2018 deelgeneem aan die Noordkaap tennisproewe in Kimberley. Die leerders het as volg geëindig op die ranglys in hul onderskeie ouderdomsgroepe: Dogters 0/14: Janneke Engels (8) Dogters 0/15: Jana Nel (7) en Liané Kapp (9) Seuns 0/15: Geo Engelbrecht (9) en Stefan Joubert (14) Dogters 0/16: Janice Avenant (4) Seuns 0/19: Benré Engelbrecht (3) Benré is ook opgeneem in die span wat later vanjaar aan die Interprovinsiale toernooi vir 0/19’s gaan deelneem. Baie geluk aan ons tennispelers en sterkte vir die jaar se provinsiale toernooie. Foto: L...

Read More

Categories

Gedagte vir die week

In diens van God

Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel  as ‘n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra. – 2 Timoteus 2:15

Jy kan so betrokke raak in God se werk dat jy jou visie verloor van dit wat God wil hê jy moet doen. Jy is vir God besig sonder om met Hom saam te werk. Dan word jou diens aan God ‘n sware las. Wanneer dit dan te laat is, droog iets binne-in jou gees op en word jy gespanne totdat jy skielik op ‘n dag knak.

Die belangrikste plig van elke Christenwerker is om sy verhouding met die lewende Christus te handhaaf en daagliks te versterk. Indien jy te besig is om elke dag tyd met Hom deur te bring in gebed, is jy inderdaad te besig en kan jy nooit sy effektiewe dienskneg wees nie.

Gebed: Ek vra nederig dat U my sal inspireer en versterk In die diens wat ek uit dankbaarheid vir my ver-lossing aan U bied. Amen. –  Solly Ozrovech