Uppies het met ‘n groot aantal nuwe skuts die jaar begin en het ook hul eerste rolstoel lugpistoolskut.

Hotazel se skietkompetisie van 8 en 9 Februarie het weer baie mooi tellings opgelewer.

Juan Steenkamp kry goud (557) in sy drie-posisie en brons (334) in die staanposisie vir o/21 Sportergeweer.

Juan kry ook ‘n eerste plek in die Target Sprint vir o/21 skuts.

Janko Botma kry goud (541) in die drie-posisie en silwer (331) in die staanposisie vir o/16 Sportergeweer.

(Foto:) Juan en Janko.