Hoërskool Upington het hierdie jaar se Brugbou afgeskop met ‘n groot breek. 23 spanne het deelgeneem aan die dag se kompetisie. Leerders neem in spanne van drie deel om te sien wie se brug koning sal kraai.

Die jaar se wenspan se benaming was reg: Die Wenners (Pieter Harms, Phillip Marais, Danno Bruwer), met HAB-konstruksie (Alicé Maritz, Bia Strauss, Hesna Theron) in die tweede plek en Die Afrikaanse Wanordelike Brugbouers (Johan Lourens, JP Nel, Jano Theron) in die derde plek.

Die drie spanne dring deur na die streekskompetisie wat later die jaar plaasvind.

Uppie Brugbou reuse bou sukses!
Uppie Brugbou reuse bou sukses!
Uppie Brugbou reuse bou sukses!