Agter vlnr: Franco Swart (Afrigter), Jano Malan, Caydon Daniels, Jayden Williams, Sylvester Hoffmann, Ruwin Isaks, Johan Maritz, SD Botes (Afrigter) en Wian Kriek

Voor vlnr: Roelof Slabbert, Darren Cloete, Jaco Fourie en Siphe Msebenzi.

Hoërskool Upington 0/15 krieket het op ʼn warm Dinsdagmiddag Kenhardt besoek om te kyk wie koning sal kraai na 25 boulbeurte.

Uppies het eerste gekolf en 123 lopies aangeteken. Sylvester Hoffman het met die kolf uitgeblink; 51 lopies nie uit.

Kenhardt gaan kolf toe en word uitgeboul vir 80 lopies. Ruwin Isaks het 4 paaltjies vir slegs 10 lopies gekry.

Uppies wen die wedstryd met 43 lopies.

Baie geluk aan die seuns met die mooi prestasie.