Die afgelope Saalperd Streekskou is gehou 12-13 Oktober te Upington.

Narike Hoft het vir die eerste keer deelgeneem aan die Noord-Kaap Ruiterkuns proewe en haar uitstekend van haar taak gekwyt.

Sy het in die 3-Gang Kinderryperdruiter 14jr en onder, ‘n eerste plek behaal met EF Fever Pitch en in die 3 Gang Plesierperdruiter 14jr en onder, ‘n vierde plek, met Taurus van die Doorspring Friesperd Stoet.

In die 3 Gang Ruiterkuns -ruiter 14jr en onder het sy ‘n eerste plek behaal met EF Fever Pitch en in die 3 Gang Plesierperd Ruiterkuns 14jr en onder, behaal sy ook ‘n eerste plek met Taurus, in ‘n lekker sterk klas.

Jessi Wessels het weer uitstekend gevaar en in die 3 Gang onder 18 – ryperd `n eerste plek behaal en ook `n 4de plek in die 5 Gang. Sy het ook geelgeneem aan die Groot Kampioenskappe en word gekroon as 3 Gang Kinderkampioen en eindig 3de in die 5 Gang Kinderkampioenskappe.

Inge Wessels het aan die 5 Gang ryperd onder 18 deelgeneem en `n derde plek behaal en ook `n 4de plek tydens die 5 Gang Kinderkampioenskappe.

Baie geluk met die prestasies en sterkte met die seisoen vorentoe!