Vlnr: Celeste Buys, Mariaan Brewis, Carla Serfontein en Gene Maasdorp

Hoërskool Upington se leerders is propvol talent. Tydens dié September-vakansie is vier van Hoërskool Upington se leerders, as deel van Dance de Lou se dansskool, na Pretoria.

Hier het hulle aan die ADA Danskompetisie deelgeneem en besonder goed presteer.

  • Carla Serfontein: 3 goue medaljes en 2 hoë silwer medaljes.
  • Mariaan Brewis: 3 goue medaljes en 2 hoë silwer medaljes.
  • Gene Maasdorp: 2 goue medaljes en 2 hoë silwer medaljes.
  • Celeste Buys: 1 goue medalje en 1 hoë silwer medalje.

Hierdie vertonings het hul deel gemaak van die SA-span.

Uppies is baie trots op julle!