Drie van Hoërskool Upington se skaakspelers het deelgeneem aan ‘n ZFM toernooi op Saterdag, 27 April. Anel Maasdorp het in die o/15 afdeling gespeel en Mi-Jeanne de Wit en Letitia Andries in die o/18 afdeling. Mi-Jeanne en Anel het goud verwerf in hul afdelings en Letitia, silwer.

Uppies is baie trots op hierdie drie leerders wat dan ingesluit is in die streekspan wat gedurende Mei in Kimberley gaan deelneem om in die Noord-Kaap span opgeneem te word.

Pieter Malan, wat met Uppies se afrigting help, was arbiter van die toernooi. Uppies wil ook vir hom dankie sê vir sy insette om die skaakspelers se spel te verbeter.